Huweliks berading in Afrikaans in Pretoria.

Huweliksberading word gebied aan pare wat van voorneme is om in die huwelik te tree asook egpare wat tans nood in hulle verhouding ervaar. Pare wat hulle verhouding wil verryk is ook welkom.

Huweliks Berading in Pretoria

Berading het al menige individuele pare gehelp om hulle huwelik op ’n gesonde basis te begin. Huweliksverhoudings kom egter dikwels onder spanning en berading het al talle egpare gehelp om weer hulle voete te vind in hulle verhouding. Berading het ook al egpare gehelp om na ’n tydperk van getroude lewe, weer nuwe energie te kry en die verhouding te verryk.

36 Jaar Ervaring

Frikkie het meer as 36 jaar ervaring in berading en die hulp aan persone met verskillende verhoudings en ander probleme vanuit ’n Bybelse & Christelike perspektief.

’n Bybels/Christelike grondslag

Die uitgangspunt vir die berading berus op die woorde van Romeine 12:12: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.”

Oor Ds Frikkie van Wyk

Oor die berader

Frikkie het meer as 36 jaar ervaring in berading en die hulp aan persone met verskillende verhoudings- en ander probleme. As basis vir die huweliksberading word die goedgekeurde program van Family Life Centre gebruik, bekend as Prepare/Enrich. Die uitgangspunt vir die berading berus op die woorde van Romeine 12:12: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.”

Kwalifikasies

Frikkie het ook talle kursusse van die Afdeling vir kontekstuele bediening van die Vista Universiteit onder leiding van dr Wentzel Coetzer, voltooi. Hy werk binne die raamwerk van die Christelike geloof en begelei mense graag in en deur hulle nood omdat hy glo dat daar tyd gemaak moet word om stil te staan en hulle wat verwond is deur die lewe, op te help. Frikkie is ‘n predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk en is ook beskikbaar om paartjies in die huwelik te bevestig.

Jaar Ervaring
0

Die Proses

Oor Huweliks Berading Sessies

Beradingsessies word in Afrikaans aangebied en bestaan uit:

  1. ’n Aanlyn assessering (tans slegs in Engels)
  2. Interpretering van die aanlyn verslag
  3. Terugvoering oor die verslag
  4. Begeleiding deur die positiewe en negatiewe aspekte van die verhouding
  5. Die aanleer van belangrike tegnieke vir ’n gesonde verhouding
  6. ’n Bybels/Christelike grondslag
Pare Reeds Gehelp
0

Ons pryse

Christelike berading in Afrikaans in Pretoria.

Mini Pakket

R2900

vir 5 sessies

Gespesialiseerde beradin

Kursus materiaal

Aanlyn evaluering

5 sessies

Maxi Pakket

R3800

vir 7 sessies

Gespesialiseerde beradin

Kursus materiaal

Aanlyn evaluering

7 sessies

Enkel Sessies

R550

per sessie

Gespesialiseerde berading

Kursusmateriaal uitgesluit

1 sessie

1 uur

Kontak Ons

Ons Adres

223 Kameeldrift Weg
Derdepark 0035
Pretoria

Bel Ons

012 0125 025

Epos Ons

frikkie@huweliksberading.co.za

Kantoor- en Afspraaktye

Ma-Woe – 09:00-21:00
Do – 16:00-21:00
Vr 9:00-11:00